Vir die bemagtiging en vooruitgang van agtergestelde Afrikaanssprekendes
-
Ons verskaf ’n strukturele grondslag vir die ontwikkeling en bemagtiging van voorheen benadeelde Afrikaanse gemeenskappe.
-
Ons ontwikkel eiesoortige oplossings en intervensies vir maatskaplike en ekonomiese kwessies wat agtergestelde Afrikaanse gemeenskappe raak.
-
Ons bemagtig die sprekers van Afrikaans, maar ook Afrikaans as middel van kommunikasie.
Eretoekennings word gegee aan gemeenskapslede vir hulle aktiewe rol. Vanjaar se genooide spreker is dr. Allan Boesak, en daar sal onder meer toekennings aan die Rockets en die Invaders wees vir hulle bydrae tot populêre musiek... Lees meer
Die drie pilare waarop ons werk voortbou
Identiteit
Ons fokus op die trots van herkoms en deelname as burgers van die Suid-Afrikaanse samelewing. Die DAK Netwerk gee onderdak en ’n tuiste vir uiteenlopende standpunte.
- Kreatiewe skryfwerk
- Uitvoerende kunste
- Betrokkenheid by (sosiale) media
Sosio-ekonomiese uitdagings
Gemeenskappe kry dikwels swaar weens sosio-ekonomiese uitdagings. Die DAK Netwerk laat val die kollig op mense en projekte wat omdanks hulle omstandighede ’n positiewe verskil maak.
- In samewerking met vennote
- Owerhede se aandag vestig en tot verantwoording roep oor kwessies
- Uitlig van rolmodelle
- Praktiese raad en werksessies
Ekonomiese bemagtiging
Die DAK Netwerk skep geleenthede vir die verspreiding van kennis oor sakebestuur en finansies deur rolmodelle.
- In samewerking met vennote
- Bemagtigingsessies
- Skep van geleenthede vir entrepreneurskap en werk
Media en nuus

Fred Mouton, een van die voorste spotprenttekenaars, sterf.

Afrikaans en die San en Khoi tale moet as inheemse tale erken word.

Die derde Danny Titus Gedenklesing.

Regsmening bevestig Afrikaans se status as inheemse taal
Die DAK Netwerk se naam verwys na drie taalvaardige Khoi-leiers wat simbolies is van ons herkoms en erfenis: Doman-Nomoa, Autshumao en Krotoa. “Netwerk” gee erkenning aan breë Afrikaansheid en verbintenisse tussen alle Suid-Afrikaners en Afrikaansgebruikers.

Doman-Nomoa
Nomoa het ’n natuurlike aanleg vir tale gehad, daarom het die Goringhaikwa hom die bynaam Domi (“stem”) gegee. Jan van Riebeeck het hom as een van sy eerste tolke aangestel en Doman genoem. Om sy Nederlands te verbeter, is Doman-Nomoa selfs ’n tyd lank (1657-58) na Java gestuur.

Autshumao
Autshomao was die leier van ’n groepie Skiereilandse Khoi-vissers en is op 20-jarige ouderdom deur die Engelse ’n jaar lank na Bantam geneem om Engels goed te leer praat. Hulle het hom “Harry” genoem, en mense het ook na “Herrie die Strandloper” verwys. Autshomao het gereeld vir verbygaande Britse maar ook Nederlandse seevaarders as tolk opgetree.

Krotoa
Krotoa was omtrent 10 jaar oud toe Jan van Riebeeck se groep Nederlanders in die Kaap de Goede Hoop aangekom het. Sy vrou, Maria de la Quellerie, het haar as ’n kinderoppasser in diens geneem en Eva genoem. Heel gou kon sy perfek Nederlands praat, asook ’n bietjie Portugees en Engels, en het gevorder tot een van vier tolke.
Wat doen ons vir jou?
Ons verstaan die uitdagings van agtergestelde Afrikaanse spraakgemeenskappe. Daarom werk ons vir die maatskaplike, kulturele, opvoedkundige en ekonomiese bemagtiging van jonk en oud.