Vergadering met Universiteit Stellenbosch

DAK Netwerk het vanmiddag ‘n baie suksesvolle vergadering met lede van die bestuur van Universiteit Stellenbosch gehad. Die gesprek was intens en het beide partye hul menings oor die uitdagings wat ons in die gesig staar, verwoord.

DAK het dit herbeklemtoon dat ons nie ‘n Afrikaanse organisasie is nie, maar dat ons kernfokus die bemagtiging van voorheen benadeelde Afrikaanssprekendes is. Dit sluit ons kommer in oor die lae persentasie bruin studente wat aan die US studeer asook die lae deurvoerkoers van genoemde studente.

DAK is bewus daarvan dat die US nooit weer ‘n Afrikaanse universiteit sal wees nie, en waardeer die onderneming dat veeltaligheid op die kampus gehandhaaf word. Ons gesprek het ook oor ondersteuning van die kant die universiteit deur die aanbod van beurse aan veral plattelandse studente, gegaan.

DAK sal betrokke wees by die werwing van uitskieters in veral plattelandse skole en op hierdie wyse seker maak dat die persentasie bruinstudente aan die US, groei.

DAK gaan ‘n program van stapel stuur om leerders aan te moedig om wiskunde op skool aan te bied en minder afhanklik wees op wiskundige geletterdheid. Dit maak ‘n impak op leerders wat in studierigtings wil studeer waar wiskunde ‘n vereiste is.

Die gesprek het in ‘n gemoedelike dog ernstige gees plaasgevind. Ons sal in September herontmoet om te bepaal hoe ver ons gevorder het met ons ondernemings. My dank aan die afvaardiging wat my vergesel het te wete David Jantjies, Charles Beukes en Jerome Topley. Ook het ons waardering vir prof Wim de Villiers wat as rektor die gesprek gelei het met sy insette. Dank is ook verskuldig aan dr Leslie Van Rooi vir sy voorsitterskap van die vergadering asook prof Nico Norman Koopman vir sy waardevolle bydrae.

Cristal Ruby Peterson jy het beïndruk as nuwe direkteur werwing en aanverwante geleenthede. Fiona van Kerwel jou teenwoordigheid maak altyd ‘n verskil. Magda Pretorius het ook waardevolle inligting verskaf waarop ons kon reageer.

DAK sal voortgaan om as vennoot met die US gesprek te voer om die lot van veral bruinstudente te help verlig.

Posted in

Jongste plasings

Fred Mouton, een van die voorste spotprenttekenaars, sterf.

Fred Mouton het gesterf. Hy was een van die voorste spotprenttekenaars wat groot humor in soms sensitiewe- en kernsake geplaas...

Afrikaans en die San en Khoi tale moet as inheemse tale erken word.

Die minister van hoër onderwys en opleiding het uiteindelik erken dat Afrikaans en die San en Khoi - tale as...