Afrikaans en die San en Khoi tale moet as inheemse tale erken word.

Die minister van hoër onderwys en opleiding het uiteindelik erken dat Afrikaans en die San en Khoi – tale as inheemse tale erken moet word. Die DA skep egter nou die indruk dat hulle alleen verantwoordelik was vir hierdie oorwinning.

Die rol van DAK Netwerk in hierdie stryd kan nie as gering gesien en onderskat word nie. Ons het sedert vroeg verlede jaar ‘n verbete stryd met die minister gevoer deur middel van protesnotas en skrywes. Van hierdie dokumentasie het ons selfs met die DA ook gedeel om hulle saak te versterk.

Ons laaste poging was ‘n protesoptog op 12 April na die kantore van die minister van HHO waar ons fisies ons afkeur en protes aangeteken het.

Die DA kan dus nie alleen aanspraak maak op hierdie oorwinning nie. Na my mening was dit ‘n gesamentlike poging wat verskeie rolspelers ingesluit het. Ek sien uit na die amptelike verklaring van die minister.

Dit is ‘n oorwinning vir Afrikaans en nie slegs vir die DA nie. Ons is egter ook verheug oor die bevinding.

Posted in

Jongste plasings

Fred Mouton, een van die voorste spotprenttekenaars, sterf.

Fred Mouton het gesterf. Hy was een van die voorste spotprenttekenaars wat groot humor in soms sensitiewe- en kernsake geplaas...

Die derde Danny Titus Gedenklesing.

Die derde Danny Titus Gedenklesing het vanoggend plaasgevind in die New National Hotel. Ons gasspreker was professor Hein Willemse wat...