Berig verskaf deur Izak de Vries, Litnet
Op 30 en 31 Maart 2019 het die DAK-Netwerk ’n konferensie by die Old Mutual Ouditorium in Kaapstad gehou.
Die DAK-Netwerk is onlangs gestig en is na drie Khoisan-ikone vernoem: Doman, Autshomao en Krotoa. DAK gebruik dan ook drie pilare – identiteit, maatskaplike bemagtiging en ekonomiese bemagtiging – om ’n platform en ’n stem aan die breë Afrikaanssprekende gemeenskap te gee.

Die naweek se program is gelei deur Jerome Topley, ook ’n direkteur van DAK. Hy het reg aan die begin van die gesprek gesê dat die konferensie graag na drie vrae so wou kyk.
- Wat is die waarheid oor Afrikaans?
- Hoe kan versoening in of deur Afrikaans bewerkstellig word?
- Wat kan ons anders doen in Afrikaans, veral as ons na die toekoms wil kyk?
Kort lesings is rondom hierdie vrae gelewer. Daar was ook twee paneelbesprekings en ’n aantal vraag-en-antwoord-sessies.
Die eerste spreker was Hein Willemse van die Universiteit van Pretoria. Hy was ook die eerste van vele sprekers wat ’n direkte aanval geloods het op SJ du Toit, ook dié se tydgenote en navolgers, wat doelbewus Afrikaans as ’n wit taal geskets het. Hulle het Afrikaans gekaap, was Willemse se betoog.
Die probleem is dat Du Toit, en ander, se kaping gemaak het dat Afrikaans twee identiteite gekry het: die Afrikaans van die bodorp waarmee daar smalend gepraat is oor die “ander” Afrikaans, dié van die onderdorp.
Dit het veroorsaak dat Afrikaans die hartstaal van ’n groot aantal sprekers was én ook die taal van daardie einste mense se verdrukking.
Om meer te lees, klik hieronder: