DAK Netwerk se projek in samewerking met die Weslandse Kunstevereniging (Poësieprojek)
Die projek is al sedert September 2018 aan die gang. Die Weslandse Kunstevereniging is ‘n groep skilders, grafiese kunstenaars, digters en skrywers. Op die groep se versoek het ek ‘n werkswinkel ter plaatse kom aanbied onder die titel Prettige Poëete met ‘n Palet.
Die Weslandse kunstevereniging beoefen kuns in alle vorme. vanaf beeldende kunste tot skilderwerk en kunsflyt.. Hulle is grootliks in Vredendal en omgewing werksaam en is in 2000 gestig. Me Desireé Brand is die huidige voorsitter.
In my aanbieding het ek gefokus op die kombinasie van kunswerke en die digkuns. Ek het verskeie gepubliseerde werke in die verband as voorbeelde voorgehou. In ons praktiese sessie is aan elkeeen teenwoordig ‘n illustrasie uitgedeel waaroor hulle ‘n gedig moes skryf. Na voltooiing het elkeen sy/haar gedig aan die ander voorgelees. Na die dag, is aanwesiges gevra om die gedig te gaan redigeer en terug te stuur na my. Na ontvangs is terugvoer aan die digters gestuur.
In Februarie 2019 is die eerste opvolg gesprekke weer in Vredendal gehou. Die verwerkte gedigte asook verwerkte kunswerke, is in ontvangs geneem en daar is op ‘n digbundel besluit. Vir die publikasie sou egter borge gesoek moet word. Aanwesiges is toe gevra om ‘n paar ekstra gedigte by die reeds geskrewe gedigte te voeg. ‘n Digbundel van ten minste 120 bladsye sal uitgebring word.
Die derde opvolg byeenkoms was in Junie 2019 te Vredendal gehou. In daardie stadium is die groep meedeel dat DAK Netwerk bereid is om aan boord te kom. Op 1 en 2 November is nog ‘n werksessie gehou om die bundel af te rond en gestalte aan die projek te gee. Daar is toe besluit om ten minste 250 bundels te druk. Elke digter sal 3 gratis kopieë ontvang. Nadat boeke vir pligslewering aangestuur is, sal die res van die boeke teen ‘n wins verkoop word. Daar is ook op ‘n voorlopige titel besluit: Agtien Poëete met ‘n Palet . Agtien was die aantal digters wat aan die heel eerste werkswinkel deelgeneem het…en hulle het die eerste keer in 2018 met die projek begin!
Die voorlopige boekbekendstellingsfunksie sou in Maart 2020 plaasvind, Ongelukkig het Covid-19 ook hierdie poging in die wiele gery. Tans word geoog om die projek nog in 2020 ten uitvoere te bring. DAK netwerk het egter in ‘n onlangse Zoomvergadering besluit dat projekte waaraan reeds goedkeuring verleen is, so gou doenlik afgehandel moet word. Die Weslandse Kunstevereniging wil opregte woorde van dank aan die DAK Netwerk uitspreek.
Opgestel deur Willem Fransman Jr