DAK Netwerk vereer presteerders uit die Afrikaanssprekende gemeenskap by hul jaarlikse Gala-geleentheid

Die kultuurman en menseregtekenner dr. Danny Titus was Saterdag, 14 November 2020, postuum deur die DAK Netwerk vereer as deel van die organisasie se jaarlikse ere-toekennings aan presteerders uit die bruin Afrikaanssprekende gemeenskap. Ander individue wat vir hul besonderse bydraes by die geleentheid by die KunsteKaap-teater om 12:00 toekennings ontvang het is die sakevrou Helene Africa, vroueregte-aktivis Lucinda…

Agtien Poëete met ‘n Palet

DAK Netwerk se projek in samewerking met die Weslandse Kunstevereniging (Poësieprojek) Die projek is al sedert September 2018 aan die gang. Die Weslandse Kunstevereniging is ‘n groep skilders, grafiese kunstenaars, digters en skrywers. Op die groep se versoek het ek ‘n werkswinkel ter plaatse kom aanbied onder die titel Prettige Poëete met ‘n Palet. Die…

Tyd vir kop optel

“Dis tyd om die kop op te lig, die skouers reguit te maak en aan te gaan met hul opgelegde take.” – Dit was die kern boodskap van die direkteure van die DAK Netwerk in hul onlangse Zoom-vergadering van 10 Augustus.   Die vergadering was hul eerste nadat die skielike ongesteldheid van hul direksie-voorsitter, Dr…

“Ons kinders is emosionele wesens…” – Juffrou Natasha Norris-Africa

Juffrou Natasha Norris-Africa, opvoeder by Worcester Sekondêr gesels met Dak-Netwerk en deel haar geheime vir ‘n produktiewe grendeltydperk saam met haar familie. “Ons kinders is emosionele wesens, soms baie manipulerend ook! En in hierdie tydperk het hulle ons as ouers baie meer nodig.” – Juffrou Natasha Norris-Africa “Ons kinders is emosionele wesens, soms baie manipulerend ook!…

Hande was sonder Water – Covid-19

Quinton Adams, Stigter van “The Shackbuilder” organisasie. Die Corona-virus pandemie of “Covid-19” het baie duidelik die Suid-Afrikaanse foutlyne begin ontbloot. Een van die foutlyne is die miljoene mense in Suid-Afrika wat nog steeds nie toegang het tot skoon water nie. Met die Corona-virus pandemie is daar ‘n ernstige beroep op mense gedoen om sekere voorsorgmaatreëls…