DAK Netwerk 23 Februarie 2019 – Stories Onnerie DAK

DAK Netwerk 23 Februarie 2019

Stories Onnerie DAK

Hier is die programleier Willem Fransman Jr aan die woord

Op 23 Februarie 2019 het die stories behoorlik Onnerie DAK gevloei. Vier van ons beste vertellers het gepoog mekaar die loef af te steek. Elias P Nel het sy alter ego, “Oom Goljat Tros” of kortom net “Oom Gollie” die praatwerk laat doen. Florence Filton het nie op haar laat wag en stories eie aan haar komvandaan, die Noord-Kaap, ingeryg.

Die Namakwa Daisie, Danneline Ramsden het, met haar tipiese Namakwalandse uitspraak, nie ‘n tree vir die ander en die Kaapnaar, Willem Fransman Jr teruggestaan nie. Met haar kort, maar pittige anekdotes het sy gou in die harte van die skaterende gehoor gekruip. Fransman het gesorg dat Kaaps, as tongval nie geblok (geklop) word nie.

Tussendeur die vertellery het Amanda Lois Stone en Albertus Davids hul eie liedjies gesing. Tydens die pouse was die CD, “Khoi-noi” van Stone bekend gestel. DAK Netwerk het die projek befonds.

Die ywerige vertellers het gesorg dat die vooraf-advertensie, dat daar nie Onnerie DAK spekgeskiet gaan word nie, gestand gedoen was…die gehoor was sommer met die hele vark gegooi!
Meegaande is foto’s van die waarderende gehoor en vertellers

‘n Eerste vir die rekord. Elias P Nel en Willem Fransman Jr poseer vir die eerste keer saam op ‘n foto in die 20 jaar wat hulle mekaar ken – DAK Netwerk
Nie ‘n suurgesig in die omgewing. Julia Nel, ds Henry Matthys en die res van die gehoor, gee uitting aan hul gevoelens
Hier sit Fransman met ‘n waarderende gehoor in die agtergrond en geniet die vertellers op die verhoog DAK Netwerk

Jongste plasings

Fred Mouton, een van die voorste spotprenttekenaars, sterf.

Fred Mouton het gesterf. Hy was een van die voorste spotprenttekenaars wat groot humor in soms sensitiewe- en kernsake geplaas...

Afrikaans en die San en Khoi tale moet as inheemse tale erken word.

Die minister van hoër onderwys en opleiding het uiteindelik erken dat Afrikaans en die San en Khoi - tale as...