Hulle was hul tyd vêr vooruit. Ons vereer en vier hulle. The Invaders sal altyd in ons harte en gedagtes wees. Luister gerus na hierdie onderhoud waarin ek hulde bring aan hulle.
The Invaders, ‘n popmusiekgroep wie se liedjies heelwat lewens bygekry het sedert hulle laaste album, THERE’S A LIGHT, THERE’S A WAY, 46 jaar gelede uitgereik is. Hulle musiek is steeds só gewild dat die DAK-netwerk ‘n standbeeld vir hulle op hulle tuisdorp, Kariega, wil oprig.