Danny Titus-gedenklesing 22 Mei 2021

Worcester-ikoon wyle dr Danny Titus is op 22 Mei 2021 deur die DAK Netwerk vereer met die eerste Danny Titus-gedenklesing in Kunstekaap.
Lees meer hier.
Prof. Nico Koopman, viserektor van sosiale impak, transformasie en personeel by die Universiteit Stellenbosch, was die gasspreker by ons spesiale geleentheid. Ander spekers was: dr. Franklin Sonn, oudambassadeur en sakeleier & dr. Lionel Louw, afgetrede predikant, Basil Kivido, voormalige burgemeester van die Wynlandstreek en voormalige LP asook Danny Titus se jonger broer, Leon en oud-skoolhoof David Jantjies – deesdae bestuurder van die ATR en SAOOT se Moedertaalprojek, wat ‘n prag-gedig voorgelees het. Victor Fredericks het gesorg vir die musiek.

Posted in ,

Jongste plasings

Fred Mouton, een van die voorste spotprenttekenaars, sterf.

Fred Mouton het gesterf. Hy was een van die voorste spotprenttekenaars wat groot humor in soms sensitiewe- en kernsake geplaas...

Afrikaans en die San en Khoi tale moet as inheemse tale erken word.

Die minister van hoër onderwys en opleiding het uiteindelik erken dat Afrikaans en die San en Khoi - tale as...