Die Afrikaans
van die Kaapse Moslems

Achmat Davids, Die Afrikaans van die Kaapse Moslems (verwerk deur Hein Willemse), Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA), Hansa Reproprint, 2018. As ’n maatskaplike werker het Davids ’n lewendige belangstelling in die kultuur van sy gemeenskap gehad, en veral die belangrike bydrae wat hulle gemaak het tot die ontstaan van Afrikaans. Sewe jaar voor sy dood het hy sy meestersgraad in 1991 daaroor voltooi. Tussen die slawe wat vanaf 1658 deur Jan van Riebeeck na die Kaap ontvoer was, was etlike geleerdes (uit ons kontinent en die Ooste). Terwyl Khoi-Afrikaans al gepraat was, was dit die Imams wat t.w.v.godsdiensonderrig die eerste Afrikaanse geskrifte die lig laat sien het in die vroeë 1800’s – met Arabiese letters. Maleis het ‘n groot invloed op die variëteit gehad wat ons Kaaps noem (wat die meeste bruinmense vandag praat). In hierdie uiters interessante boek kan jy voorbeelde sien hoe Arabies-Afrikaans gelyk het.

Jongste plasings

Fred Mouton, een van die voorste spotprenttekenaars, sterf.

Fred Mouton het gesterf. Hy was een van die voorste spotprenttekenaars wat groot humor in soms sensitiewe- en kernsake geplaas...

Afrikaans en die San en Khoi tale moet as inheemse tale erken word.

Die minister van hoër onderwys en opleiding het uiteindelik erken dat Afrikaans en die San en Khoi - tale as...