Die ikoniese Afrikaanse Taalmonument is onder beleg geplaas

Die ikoniese Afrikaanse Taalmonument is onder beleg geplaas deur minister van sport en kultuur, Nathi Nthethwa. Sy “ononderhandelbare” voorstel dat die ATM ‘n naamsverandering moet ondergaan is absurd. Die monument was ontwerp en opgerig om die status van Afrikaans as ‘n inheemse taal te vier en te omarm.

Dat daar ‘n tyd van uitsluiting van benadeelde Afrikaanssprekendes in die geskiedenis van die ATM was, is ‘n gegewe. Daai hekkie is egter lankal oorgesteek en is die monument vandag ‘n baken van inklusiwiteit. Om nóú voor te stel dat die naam verander moet word wys daarop dat die minister nie die geskiedenis van Afrikaans ken nie en hom skuldig maak aan ‘n veldtog om alles wat ruik en lyk na Afrikaans, te verwyder en uit die weg te ruim – ‘n totale aanslag teen Afrikaans in samewerking met sy ministerskollega, Blade Nzimande.

Is jy dan “thati” minister Nathi? Waarom nie die R 22 miljoen vlagprojek se befondsing aanwend vir die oprigting van ‘n monument ter ere van alle inheemse tale in SA nie? Dít sal sosiale kohesie bevorder en ‘n nalatenskap laat waarop alle Suid-Afrikaners trots kan wees.

Posted in

Jongste plasings

Fred Mouton, een van die voorste spotprenttekenaars, sterf.

Fred Mouton het gesterf. Hy was een van die voorste spotprenttekenaars wat groot humor in soms sensitiewe- en kernsake geplaas...

Afrikaans en die San en Khoi tale moet as inheemse tale erken word.

Die minister van hoër onderwys en opleiding het uiteindelik erken dat Afrikaans en die San en Khoi - tale as...