Die Weslandse Kunstevereniging se Poësieprojek

Opgestel deur Willem Fransman Jr

Die projek is al sedert September 2018 aan die gang. Die Weslandse Kunstevereniging is ‘n groep skilders, grafiese kunstenaars, digters en skrywers. Op die groep se versoek het ek ‘n werkswinkel ter plaatse kom aanbied onder die titel Prettige Poëete met ‘n Palet.

Intussen is verskeie opvolg werkswinkels in Vredendal aangebied waar van die gedigte verwerk is.

Op 24 Augustus 2019 het Fransman die groep na die McGregor Poësiefees met die produksie Vier hellemal Maanbedônnerde Vroue van die Namakwa, geneem waar hul dadelik ‘n feesgunsteling met hul optrede geword het.

Op 1 November 2019 is ‘n vertoning Vyf hellemal Maanbedônnerde Vroue van die Namakwa op ‘n wynplaas First Distilleries, op die Holrivierpad, net buite Vredendal gehou wat goed deur plaaslike belangstellende bygewoon was. Op dieselfde funksie het Fransman sy woordkunsproduksie, Proefiet van Adam Small, djy? aangebied. Op 2 November was verdere werk aan die bundel afgehandel.

Die Weslandse kunstevereniging, in samewerking met die DAK Netwerk, kan nou met trots aankondig dat daar nou voldoende werk aan die gedigte gedoen is sodat ‘n digbundel vroeg in 2020 die lug gaan sien. Die voorlopige werkstitel is: Agtien Poëete met ‘n Palet!…Die bundel gaan sketse en gedigte bevat…. so hou dus díé spasie dop!

Opregte woorde van DAK Netwerk wat by die projek betrokke geraak het.

Hier onder volg foto’s van die vertoning

Die Vyf Hellemal Bedônnerde Vroue van die Namakwa in aksie op 1 Nov 2019 (Posted – 13 Dec 2019)
Willem Fransman Jr besig met sy vertoning te Vrededal (Posted – 13 Dec 2019)
Posted in

Jongste plasings

Fred Mouton, een van die voorste spotprenttekenaars, sterf.

Fred Mouton het gesterf. Hy was een van die voorste spotprenttekenaars wat groot humor in soms sensitiewe- en kernsake geplaas...

Afrikaans en die San en Khoi tale moet as inheemse tale erken word.

Die minister van hoër onderwys en opleiding het uiteindelik erken dat Afrikaans en die San en Khoi - tale as...