Fred Mouton het gesterf. Hy was een van die voorste spotprenttekenaars wat groot humor in soms sensitiewe- en kernsake geplaas het.
Hierdie spotprent van hom het kommentaar ontlok oor die kwessie dat Afrikaans nie as ‘n inheemsetaal deur Blade Nzimande erken word nie. DAK Netwerk word hier gesien as ‘n impakspeler wat beide Nzimande en Mtetwa stormloop met mede-spelers in die stryd.
Baie dankie vir die erkenning Fred. Rus sag vriend tot ons eendag weersiens vier.
