Wanneer jy praat, is die manier waarop jy dit doen ook belangrik. As jy duidelik en hard genoeg praat, sal dit waarskynlik vir die ander persoon makliker wees om te verstaan wat jy sê, en hy sal ook met groter respek na jou luister.
Kommunikeer goed
Brian, ’n personeelkonsultant wat in die vorige artikel genoem is, sê: “Jy sal verbaas wees hoeveel mense hulle werk verloor, nie weens ’n gebrek aan tegniese vaardighede nie, maar omdat hulle nie die vermoë het om goed te kommunikeer nie.”
’n Opname onder meer as 1 400 maatskappye het aan die lig gebring dat die meeste werkgewers “eerlikheid en integriteit beskou as eienskappe wat hulle die hoogste aanslaan in potensiële werkers”. Om eerlik te wees, behels ongetwyfeld dat ’n mens nie geld of ander items by jou werkgewer steel nie.
Wees eerlik
Dit beteken ook dat ’n mens nie tyd sal steel nie. In ’n studie wat deur ’n personeelagentskap gedoen is, is bevind dat werknemers elke week gemiddeld 4 uur en 15 minute steel. Hierdie tyddiewe was onder meer gereeld laat, het vroeg geloop en het in werktyd by ander werknemers gekuier.
Soos miljoene ander regoor die wêreld het Ericka, wat vroeër gemeld is, die waarheid van die woorde hierbo ondervind. Sy som haar gevoelens só op: “Ek hou baie van my huidige werk. Ek weet egter uit ondervinding dat dinge verander. Maar deur Bybelbeginsels toe te pas en op Jehovah te vertrou, het ek geleer om minder angstig te wees wanneer ek werkloos is en meer tevrede te wees met die werk wat ek wel kry.”