Wees onvervangbaar by die werk

Ons het gaan uitvind wat nodig is om te sorg dat jy vir jou werkgewer van onskatbare waarde is tydens hierdie onstuimige ekonomiese tydperk en sodoende die moontlikheid van aflegging kleiner te maak.

  • Vind maniere om te groei en te ontwikkel. Catherine Conlan, skryfster vir die aanlynwerwingsagentskap Monster.com, dui in haar artikel “5 Ways to become irreplacable at work” aan dat jy jou mededingendheid in die werkplek ʼn hupstoot moet gee deur jou kennis en vermoëns op te skerp. “Woon seminare by, voltooi verrykende kursusse, lees oor nuus of tendense in jou bedryf of verbeter jou rekenaarvaardigheid,” raai sy aan.
  • Vind jou plek. Conlan meen dat diegene wat ‘n duidelike begrip het van hul doel en hul unieke bydrae tot die afdeling en maatskappy, sal van nature ʼn groter invloed op sy of haar werkplek hê en sal makliker vir hom of haar ʼn goeie naam vestig.
  • Wees aangenaam. Moenie die kollega wees waarvan niemand hou nie omdat jy ʼn houding het of nie moeite wil doen om ʼn goeie verhouding met jou kollegas op te bou nie.
  • Gesels met jou baas. Baie mense probeer om hul base te vermy bloot omdat hulle ongemaklik in hul geselskap is of bang is hulle doen of sê iets wat hulle laat sleg lyk. Conlan meen egter dat mens juis ʼn goeie verhouding met jou baas moet hê en dat daar ʼn oop kommunikasiekanaal tussen julle moet wees sodat daar onder meer duidelikheid is oor wat van jou verwag word.
  • Wees sigbaar. Hoe bekender jou gesig is, hoe beter. Sodra mense kennis neem van jou besonderse harde werk en betrokkenheid in die werkplek, sal daar ʼn algemene gevoel ontstaan dat jy van onskatbare waarde vir jou werkgewer is. Neem ekstra take aan en bied byvoorbeeld aan om by die beplanning van funksies of ander geleenthede betrokke te wees.
Posted in

Jongste plasings

Fred Mouton, een van die voorste spotprenttekenaars, sterf.

Fred Mouton het gesterf. Hy was een van die voorste spotprenttekenaars wat groot humor in soms sensitiewe- en kernsake geplaas...

Afrikaans en die San en Khoi tale moet as inheemse tale erken word.

Die minister van hoër onderwys en opleiding het uiteindelik erken dat Afrikaans en die San en Khoi - tale as...