Media/Nuus Lees meer oor die DAK Netwerk in die nuus, ons projekte, pilare van die gemeenskap en ander temas.

Almal
  • Almal
  • Afrikaans
  • Bemagtiging
  • Identiteit
  • Media/Nuus
  • Onderwys
  • Pilare
  • Vorige projekte

Fred Mouton, een van die voorste spotprenttekenaars, sterf.

Fred Mouton het gesterf. Hy was een van die voorste spotprenttekenaars wat groot humor in soms sensitiewe- en kernsake geplaas het. Hierdie spotprent van hom het kommentaar ontlok oor die kwessie dat Afrikaans nie as ‘n inheemsetaal deur Blade Nzimande erken word nie. DAK Netwerk word hier gesien as ‘n impakspeler wat beide Nzimande en …

Fred Mouton, een van die voorste spotprenttekenaars, sterf. Read More »

Afrikaans en die San en Khoi tale moet as inheemse tale erken word.

Die minister van hoër onderwys en opleiding het uiteindelik erken dat Afrikaans en die San en Khoi – tale as inheemse tale erken moet word. Die DA skep egter nou die indruk dat hulle alleen verantwoordelik was vir hierdie oorwinning. Die rol van DAK Netwerk in hierdie stryd kan nie as gering gesien en onderskat …

Afrikaans en die San en Khoi tale moet as inheemse tale erken word. Read More »

Die derde Danny Titus Gedenklesing.

Die derde Danny Titus Gedenklesing het vanoggend plaasgevind in die New National Hotel. Ons gasspreker was professor Hein Willemse wat geen bekendstelling nodig het nie. Hy het almal teenwoordig met ‘n briljante toespraak geïnspireer. Hein was ‘n klasmaat van Danny op hoërskool in Worcester asook ‘n mede – student aan die UWK. Na my mening …

Die derde Danny Titus Gedenklesing. Read More »

Regsmening bevestig Afrikaans se status as inheemse taal

Die bevestiging deur die minister van hoër onderwys, wetenskap en innovasie, Blade Nzimande, se advokate dat Afrikaans en die Khoi- en Santale wel inheemse tale is, beteken nie die vreugdevure oor die toekoms van Afrikaans as akademiese taal kan nou aangesteek word nie… Lees meer…

Trots!! Dala!! Blade moet wys raak.

Blade is toe nie so skerp nie… DAK staan só !! Duidelike boodskap Laat #afrikaans sy plek in neem

Die ikoniese Afrikaanse Taalmonument is onder beleg geplaas

Die ikoniese Afrikaanse Taalmonument is onder beleg geplaas deur minister van sport en kultuur, Nathi Nthethwa. Sy “ononderhandelbare” voorstel dat die ATM ‘n naamsverandering moet ondergaan is absurd. Die monument was ontwerp en opgerig om die status van Afrikaans as ‘n inheemse taal te vier en te omarm. Dat daar ‘n tyd van uitsluiting van …

Die ikoniese Afrikaanse Taalmonument is onder beleg geplaas Read More »

Oor die Afrikaanse Taalmonument se voorgestelde naamsverandering: Danie van Wyk se mening

 “Die Afrikaanse Taalmonument is ’n ikoon wat uitstaan en bestaan as ’n besonderse erkenning aan die ontstaan en die ontwikkeling van Afrikaans,” sê Danie van Wyk. Lees meer …

Rest in peace James Bhemgee.

It is with great conscience that I heard of the unexpected passing of James Bhemgee. James was our guest artist during our last Danny Titus Memorial Lecture on 21 May 2022 where prof. Hein Willemse was our guest speaker. James was a winner of SA got Talent and gained fame with his sparkle and pure …

Rest in peace James Bhemgee. Read More »

Afrikaans is wel ‘n inheemse taal – Blade Nzimande

Danie van Wyk, voorsitter van die DAK-netwerk, praat oor die regsmening wat die minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, ingewin het, en waarin bevestig word dat Afrikaans en die Khoisan-tale wel inheems is. Luister hier…

Perspektief met Jannie Pelser

Radio KanselPerspektiefWoensdag 20 April 20221100-1200 Tema: Die “moeilike” gesprekke Suid Afrika beleef tans groot ontwrigting en nood vanweë die vernietigende gevolge van die vloede in KZN asook die Oos Kaap. Ons medelye met almal wat op watter wyse ookal daardeur geraak word.Ons dink in die besonder aan die lewensverlies en soektogte na vermistes. Ons kan …

Perspektief met Jannie Pelser Read More »

Moeilike gesprekke in Suid Afrika.

Prof. Wannie Carstens, Danie van Wyk en ds Rudie Swanepoel gesels oor die moeilike gesprekke in Suid Afrika. Die moeilike gesprekke moet gevoer word met betrekking tot ons naasbestaan in Suid Afrika. Wat behels dit? Luister hier.

Onderhoud met Danie van Wyk – In Gesprek, KykNET

Onderhoud met Danie van Wyk, voorsitter van die DAK-netwerk, oor die herklassifikasie van Afrikaans as “inheemse” taal vir hoër onderwys. Luister hier – In Gesprek | 18 Mei 2022 | kykNET

Danie van Wyk bring hulde aan The Invaders.

Hulle was hul tyd vêr vooruit. Ons vereer en vier hulle. The Invaders sal altyd in ons harte en gedagtes wees. Luister gerus na hierdie onderhoud waarin ek hulde bring aan hulle. The Invaders, ‘n popmusiekgroep wie se liedjies heelwat lewens bygekry het sedert hulle laaste album, THERE’S A LIGHT, THERE’S A WAY, 46 jaar …

Danie van Wyk bring hulde aan The Invaders. Read More »

Suksesvolle simposium in Pretoria

Ek en my kollega, David Jantjies reis terug huis toe na ‘n suksesvolle simposium die afgelope twee dae in Pretoria.

Skoleseminaar: Die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys

Die implikasie vir Afrikaanse skole van die staat se voorstelle om skoolbeheerliggame hulle mag te ontneem om self die taal- en toegangsbeleid van hulle betrokke skole te bepaal, sal verreikende gevolge vir Afrikaanse skole en Afrikaanse gemeenskappe hê, sê Danie van Wyk, uitvoerende voorsitter van DAK Netwerk. Lees meer…

Premier van die Weskaap, Alan Winde, was die gasspreker by strategiese beplanningsessie.

DAK Netwerk het die pas afgelope naweek, ‘n suksesvolle strategiese beplanningsessie gehad. By hierdie geleentheid was die Premier van die Weskaap, Alan Winde, ons gasspreker. Die Premier het een en elk verras met sy beleide met betrekking tot onderwys, ekonomiese bemagtiging en infrastruktuurontwikkeling. Ons was ook beïndruk deur die erkenning aan die slawe deur die …

Premier van die Weskaap, Alan Winde, was die gasspreker by strategiese beplanningsessie. Read More »

Protesoptog in Pretoria

Tydens my besoek aan Pretoria het ek en mede- DAK direksielid, Anthony Wilson, vanoggend deelgeneem aan ‘n onderhoud op Poort FM. Dit het gehandel oor DAK Netwerk se beplande protesoptog in Pretoria na die kantoor van die minister van hoëronderwys opleiding, dr Blade Nzimande, op 12 April. Ons eis en dring daarop aan dat Afrikaans …

Protesoptog in Pretoria Read More »

Vergadering met Universiteit Stellenbosch

DAK Netwerk het vanmiddag ‘n baie suksesvolle vergadering met lede van die bestuur van Universiteit Stellenbosch gehad. Die gesprek was intens en het beide partye hul menings oor die uitdagings wat ons in die gesig staar, verwoord. DAK het dit herbeklemtoon dat ons nie ‘n Afrikaanse organisasie is nie, maar dat ons kernfokus die bemagtiging …

Vergadering met Universiteit Stellenbosch Read More »

DAK, US vat hande om bruin kinders te help

Die missie en visie van DAK word in hierdie berig verwoord. Ons dank aan die bestuur van die US wat hierdie oudiënsie aan ons toegestaan het om hierdie kritiese saak aan te spreek – te wete die lae bywoningsyfer van bruinstudente aan die US. Die uitkomste en die verloop van die gesprek was gunstig en …

DAK, US vat hande om bruin kinders te help Read More »

Die stryd gaan voort

Die stryd gaan voort, the struggles continues, aluta continua. Lees meer hier…

Skoolhoofde simposium in Stellenbosch

Gister het die AON in samewerking met DAK en FEDSAS ‘n suksesvolle skoolhoofde simposium in Stellenbosch aangebied. Aanbieders Verna Stuurman, André Franke van FEDSAS en die uwe se aanbiedings was baie goed ontvang deur die skoolhoofde teenwoordig. Dr Gillian Arendse was ons gasspreker en het soos gewoonlik die gehoor uit sy hand laat eet met …

Skoolhoofde simposium in Stellenbosch Read More »

Mediaverklaring

Die begrotingsrede van 23 Februarie is oor die algemeen met versigtige optimisme ontvang. Die DAK Netwerk is bly oor die groot bedrag wat aan leer en kultuur toegewys is, met die leeue-aandeel aan basiese onderwys, en voel sterk daaroor dat Afrikaanse onderrig hieruit voordeel moet trek. Ons kan nie fokus op matriekslaagsyfers wat slegs ‘n …

Mediaverklaring Read More »

Die vrystelling van die slawe

Prof. Michael le Cordeur, ons gasspreker tydens die herdenking van Slawevrystellingsdag op 1 Desember by die Taalmonument, het slawerny aan die Kaap beskryf op ’n wyse wat ons nog lank sal bybly. Lees sy toespraak hier. Die vrystelling van die slawe ‘n Gesamentlike funksie deur die Taalmonument en die DAK-netwerk Goeienaand almal en dankie aan …

Die vrystelling van die slawe Read More »

Dak se gala-geleentheid op 6 November 2021

Waar: City Of Grace Living Waters Church, Belhar Drive, Belhar Programdirekteur: Jacqui January Seënboodskap: Prof Nico Koopman (Vise Rektor US) Ere-toekennings: PostuumHerman BaileyMuriel MaplingConrad Sidego Gala-Toekennings:Vinette EbrahimKarl CloeteMelene RossouwSimon SwigelaarVivian Kleynhans Boekbekendstelling: Willem Fransman Jr (Samesteller) Musiektoekennings: Invaders en The Rockets] Toespraak: Dr Allan A Boesak Gaskunstenaar: Les Javan

Dr Allan Boesak se toespraak as gasspreker

Dr Allan Boesak was verlede Saterdag vereer met ‘n lewenslange eerbewys deur die DAk Netwerk. By daardie geleentheid het hy ‘n toespraak gelewer waarvan ‘n verkorte, geredigeerde weergawe vandag in Rapport Weekliks verskyn onder die opskrif, “Ons is moeg vir minder werd wees” Hierdie toespraak was aardskuddend en het weereens bewys dat sy gelyke nie …

Dr Allan Boesak se toespraak as gasspreker Read More »

Die DAK Netwerk dra Afrikaanse belange op die hart

Die DAK Netwerk het mediverklarings uitgereik na aanleiding van die Universiteit van Stellenbosch se nuwe taalbeleid.  Die mediaverklarings is opgevolg met protesaksie op 9 April, waar getalle weens Covid-19 beperk is. Daarna is samesprekings gehou en is ’n versoekskrif met sinvolle eise aan die US-bestuur oorhandig. Lees meer oor die DAK Netwerk se werk in …

Die DAK Netwerk dra Afrikaanse belange op die hart Read More »

Danny Titus-gedenklesing 22 Mei 2021

Worcester-ikoon wyle dr Danny Titus is op 22 Mei 2021 deur die DAK Netwerk vereer met die eerste Danny Titus-gedenklesing in Kunstekaap.

DAK Netwerk vier Vrouemaand

Dak-direksielid Verna Stuurman het onlangs op RSG se 360-program gesels oor ons vrouebemagtigingsprojekte.

DAK Netwerk vereer presteerders uit die Afrikaanssprekende gemeenskap

Die kultuurman en menseregtekenner dr. Danny Titus was vereer as deel van die organisasie se jaarlikse ere-toekennings aan presteerders uit die bruin Afrikaanssprekende gemeenskap.

Agtien Poëte met ‘n Palet

DAK Netwerk se projek in samewerking met die Weslandse Kunstevereniging (Poësieprojek)

DAK Netwerk trots op dr. Marlene le Roux

Dr. Marlene le Roux, die DAK Netwerk is verstaanbaar trots op jou en wens jou sterkte toe met die taak voor hande.

Tyd vir kop optel

“Dis tyd om die kop op te lig, die skouers reguit te maak en aan te gaan met hul opgelegde take.” – Dit was die kern boodskap van die direkteure van die DAK Netwerk in hul onlangse Zoom-vergadering van 10 Augustus. Die vergadering was hul eerste nadat die skielike ongesteldheid van hul direksie-voorsitter, Dr Danny …

Tyd vir kop optel Read More »

Ons kan die swaarkry met lekkerkry klaarkry!! – Juffrou Elizma Pio

Dak-Netwerk gesels met Juffrou Elizma Pio wat haar 20 jaar ondervinding binne die intermediêre fase as laerskoolonderwyseres met ons deel en self ook ‘n mamma is. “Ons kan die swaarkry met lekkerkry klaarkry!!” – Juffrou Elizma Pio Kinders floreer binne grense al skop hul daarteen en kla hul. Dit skep ‘n veiligestruktuur, en gee standvastigheid binne …

Ons kan die swaarkry met lekkerkry klaarkry!! – Juffrou Elizma Pio Read More »

“Ons kinders is emosionele wesens…” – Juffrou Natasha Norris-Africa

Juffrou Natasha Norris-Africa, opvoeder by Worcester Sekondêr gesels met Dak-Netwerk en deel haar geheime vir ‘n produktiewe grendeltydperk saam met haar familie. “Ons kinders is emosionele wesens, soms baie manipulerend ook! En in hierdie tydperk het hulle ons as ouers baie meer nodig.” – Juffrou Natasha Norris-Africa Watter praktiese studiewenke het jy vir matrikulante? Belangrikste in …

“Ons kinders is emosionele wesens…” – Juffrou Natasha Norris-Africa Read More »

“Laat jou roetine saam met jou kinders se skoolrooster werk” – Juff Adré van Lill

“Laat jou roetine saam met jou kinders se skoolrooster werk” – Juff Adré van Lill gee haar advies aan ouers wat tuis moet werk en nog onderwyser ook moet wees. “Skep ’n studiegroep op Whatsapp en reël sessies waar julle via Zoom/Skype/Hangouts/ens die werk, waarmee julle gesukkel het, kan bespreek.” – Juff Adré van Lill …

“Laat jou roetine saam met jou kinders se skoolrooster werk” – Juff Adré van Lill Read More »

“Ds prof MA Plaatjies-Van Huffel was ‘n merkwaardige vrou”

“Sy was ‘n uitstekende, hardwerkende en gerespekteerde akademikus wat onderskeidelik twee doktorsgrade aan die Universiteit van Suid-Afrika (UNISA) en die Universiteit van Pretoria (UP) verwerf het.” “Ds prof MA Plaatjies-Van Huffel was ‘n merkwaardige vrou” …huldeblyk deur Dr Llewellyn LM MacMaster Die Moderatuur van die Kaapse Streeksinode Kaapland van die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika …

“Ds prof MA Plaatjies-Van Huffel was ‘n merkwaardige vrou” Read More »

‘Ons is almal besig met ‘n GROOT leerproses’- juffrou Margie Williams

Dak Netwerk gesels met Juffrou Margie Williams oor hoe ouers hierdie groot taak van tuisonderrig suksesvol kan oorsien. Margie Williams was vir 24 jaar ‘n onderwyseres by HS Bernadino Heights, Kraaifontein. Dis swaar genoeg om ‘n nuwe roetine te skep… hoe kan ons dit volhou? Probeer met u kind(ers) se onderwyswer(s) skakel en vra vir …

‘Ons is almal besig met ‘n GROOT leerproses’- juffrou Margie Williams Read More »

‘Wees ‘n positiewe rolmodel’- Juffrou Margareth Cloete

Ons gesels met Juffrou Margareth Cloete, ‘n onderwyseres by Hoërskool S.A. van Wyk in Springbok, Noordkaap. Wat is jou raad aan ouers gedurende hierdie tyd van inperking weens die korona-pandemie? Ek dink hierdie is die tyd waar daar meer gefokus moet word op gesonde familie verhoudings. Praat met u kind – leer ken hulle en …

‘Wees ‘n positiewe rolmodel’- Juffrou Margareth Cloete Read More »

Hande was sonder Water – Covid-19

Die Corona-virus pandemie of “Covid-19” het baie duidelik die Suid-Afrikaanse foutlyne begin ontbloot. Een van die foutlyne is die miljoene mense in Suid-Afrika wat nog steeds nie toegang het tot skoon water nie. Met die Corona-virus pandemie is daar ‘n ernstige beroep op mense gedoen om sekere voorsorgmaatreëls te tref om te voorkom dat mense …

Hande was sonder Water – Covid-19 Read More »

Conrad‌ ‌Sidego‌, ons‌ ‌onthou‌ ‌jou!‌

“Leiers volg nie gebaande weë, dis vir volgelinge” So wil ons graag vir Conrad Sidego onthou: as ‘n leier van sy mense, ‘n voorloper, ‘n baanbreker, pionier, patriot…as die een wat voor moes loop. Om vir ons, as gewone, soms bang sterwelinge gerus te stel: ‘Ek het die toekoms gesien…en daar is baie geleenthede vir …

Conrad‌ ‌Sidego‌, ons‌ ‌onthou‌ ‌jou!‌ Read More »

‘n Kunstefees binne-in ‘n Kunstefees

‘n Kunstefees in die kleine binne-in ‘n kunstefees. Dis hoe die DAK Netwerk se betrokkenheid by 2020 se Toyota US Woordfees gesien moet word. Na verlede jaar se pleidooi by die eerste Waarheid en Versoeningsgesprek oor Afrikaans is daar ‘n beginselbesluit deur Saartjie Botha, die direkteur van die Woodfees, geneem om DAK Netwerk deel van …

‘n Kunstefees binne-in ‘n Kunstefees Read More »

Die Afrikaans
van die Kaapse Moslems

Achmat Davids, Die Afrikaans van die Kaapse Moslems (verwerk deur Hein Willemse), Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA), Hansa Reproprint, 2018. As ’n maatskaplike werker het Davids ’n lewendige belangstelling in die kultuur van sy gemeenskap gehad, en veral die belangrike bydrae wat hulle gemaak het tot die ontstaan van Afrikaans. Sewe jaar voor sy …

Die Afrikaans
van die Kaapse Moslems
Read More »

Opsies Vir Matrikulante

Opsies Vir Matrikulante Die aankondiging van die matriekuitslae elke jaar veroorsaak gewoonlik groot  onumentele stres. Die warboel van emosies gaan oor “het ek dit gemaak of was ek onsuksesvol in my finale jaar van skool”. Dit laat die stresvlakke gewoonlik want die uitslae gaan gepaard met groter publieke belangstelling. Die oom en antie in die …

Opsies Vir Matrikulante Read More »

Noord-Kaap Juig Met Die Pesalms

NOORD-KAAP JUIG MET DIE PESALMS! Ons as DAK se jaarprogram het op ‘n ware hoogtepunt afgeskop in Homelite, Kimberley, met ‘n lesing van “Die Pesalms vi ôse mense”. Ons het nooit kon dink dat Kaaps soveel vreugde sou bring vir mense wie se moedertaal dit nie eens is nie! Die besef dat almal wat lief …

Noord-Kaap Juig Met Die Pesalms Read More »

DAK Netwerk 23 Februarie 2019 – Stories Onnerie DAK

DAK Netwerk 23 Februarie 2019 Stories Onnerie DAK Op 23 Februarie 2019 het die stories behoorlik Onnerie DAK gevloei. Vier van ons beste vertellers het gepoog mekaar die loef af te steek. Elias P Nel het sy alter ego, “Oom Goljat Tros” of kortom net “Oom Gollie” die praatwerk laat doen. Florence Filton het nie …

DAK Netwerk 23 Februarie 2019 – Stories Onnerie DAK Read More »

Amanda Lois Stone: “So ‘n stem kom eenkeer in ‘n leeftyd”

Willem Fransman Jr Op 23 Februarie 2019 het die DAK Netwerk het ‘n baie geslaagde Stories Onnerie DAK-aand in The Tea Garden Ravensmead gehou. Tog was dit die ongekunstelde Amanda Lois Stone wat die aanwesiges na hul asems laat snak het. Ek het Stone bykans ses jaar gelede die eerste keer in lewende lywe sien …

Amanda Lois Stone: “So ‘n stem kom eenkeer in ‘n leeftyd” Read More »

Die Weslandse Kunstevereniging se Poësieprojek

Opgestel deur Willem Fransman Jr Die projek is al sedert September 2018 aan die gang. Die Weslandse Kunstevereniging is ‘n groep skilders, grafiese kunstenaars, digters en skrywers. Op die groep se versoek het ek ‘n werkswinkel ter plaatse kom aanbied onder die titel Prettige Poëete met ‘n Palet. Intussen is verskeie opvolg werkswinkels in Vredendal …

Die Weslandse Kunstevereniging se Poësieprojek Read More »

DAK Netwerk vereer prestasies binne die Afrikaanse gemeenskappe

“Alhoewel die geleentheid geskep is om individue te vereer, het die aand se verrigtinge by my ’n groter realiteit en doel van DAK Netwerk benadruk. Die verering van mense van ons gemeenskap is ook om die media se doelbewuste wanpersepsies van ons gemeenskap nek om te draai en daarmee saam die trots van ons gemeenskap …

DAK Netwerk vereer prestasies binne die Afrikaanse gemeenskappe Read More »

Eerste Preek Uit Die Pesalms!

Ds. Henry Matthys het op Sondagoggend 17 November 2019 die eerste leraar in die geskiedenis geword wat uit die DAK-publikasie, Die Pesalms vi ôse mense, gepreek het. Dit het gebeur in die Belhar-Oos gemeente van die Verenigende Gereformeerde Kerk en sy boodskap het gekom uit Pesalm 73. Jongmense het, nog voor die erediens begin het, …

Eerste Preek Uit Die Pesalms! Read More »

Naelstringlesing: DAK Netwerk

DAK Netwerk is ’n jong nie-winsgewende maatskappy wat die belange van die Afrikaansspekende meerderheid bevorder o.l.v. ons voorsitter, dr. Danny Titus. Tot dusver was ons grootste sukses-storie ’n konfer-ensie vroeër vanjaar: Waarheid en Versoening oor Afrikaans. Ons 3 fokuspunte is identiteit/kultuur, maatskaplike kwessies (soos onderwys) en ekonomiese bemagtiging. Die Naelstringlesings dek 12 onderwerpe uit Willa …

Naelstringlesing: DAK Netwerk Read More »

Teachers’ Summit: Kuils River Primary School

Welcome to the DAK Network Teachers’ summit. 26 September 2019: Kuils River Primary School, Sarepta, Kuils River.  “Violence in Schools: the Psychological Effect on Teachers”.  It is expected that the summit will be attended by approximately 500 teachers and other interested persons. We live in a violent society and read and hear about, or even …

Teachers’ Summit: Kuils River Primary School Read More »

Die geskiedenis van Afrikaans: Waarheid en versoening onder een DAK

Berig verskaf deur Izak De Vries, Voertaal Afrikaans: Waarheid en versoening onder een DAK Indien ons verstaan dat Afrikaans reeds vir honderde jare in Suid-Afrika gebruik is om kommunikasie te bewerkstellig, sou Afrikaans weer ’n regmatige plek kon inneem as die taal van versoening, sê Du Plessis. Afrikaans is baie ouer en gevarieerd as wat …

Die geskiedenis van Afrikaans: Waarheid en versoening onder een DAK Read More »

Kom ons vat hande oor taal

Berig verskaf deur Danny Titus, Netwerk24   In die gesprek oor Afrikaans moet groter klem gelê word op bruin en swart sprekers van die taal, skryf Danny Titus. Die professor bel terug, omtrent twee minute nadat ek vir hom die e-pos gestuur het. Die man is baie besig, word my vertel. Hy antwoord nie sommer …

Kom ons vat hande oor taal Read More »

‘n Tuiste vir almal in Afrikaans?

Berig verskaf deur Jan-Jan Joubert, Netwerk 24 ‘n Tuiste vir almal wat Afrikaans is Wat is die pad vorentoe vir waarheid en versoening in Afrikaans, vra Jan-Jan Joubert na aanleiding van die Dak-konferensie in Kaapstad. Die Ou Mutual-hoofkantoor in die Kaapse voorstad Pinelands huisves genoeg konferensies dat diegene wat die koffie daar bedien, behoorlik afgestomp …

‘n Tuiste vir almal in Afrikaans? Read More »

DAK-konferensie: Oor “die taal wat miere daidelik is”

Berig verskaf deur Hein Willemse, Litnet Oor “die taal wat miere daidelik is” Ek moet beken dat ek my boeglam geskrik het toe ek vandag se program sien, en sien dat u wil hê dat ek moet praat onder die hofie “Die waarheid oor Afrikaans”.1 Die lidwoord “die” met al sy implikasies van “bepaaldheid”, van “vastigheid” …

DAK-konferensie: Oor “die taal wat miere daidelik is” Read More »

Afrikaans: Waarheid en versoening onder een DAK

Berig verskaf deur Izak de Vries, Litnet Op 30 en 31 Maart 2019 het die DAK-Netwerk ’n konferensie by die Old Mutual Ouditorium in Kaapstad gehou. Die DAK-Netwerk is onlangs gestig en is na drie Khoisan-ikone vernoem: Doman, Autshomao en Krotoa. DAK gebruik dan ook drie pilare – identiteit, maatskaplike bemagtiging en ekonomiese bemagtiging – …

Afrikaans: Waarheid en versoening onder een DAK Read More »

Opleidingskollege Hewat Alumni

Die Opleidingskollege Hewat het ‘n ryke  geskiedenis wat strek vanaf sy ontstaan in 1941 in Roelandstraat, Kaapstad tot dit as onderwyskollege ingelyf is deur die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie (KAPUT)  in 1996. Dit was ‘n kollege wat veral onderwysstudente uit die destydse Westelike Provinsie, die huidige Noordkaap en Namibie gelok het. Die doel met …

Opleidingskollege Hewat Alumni Read More »

Language From
An African
Perspective

21 February was International Mother Language Day, and judging by the hype on social media and the events organised in South Africa, I have to say, a great part of the country seems to be ‘woke’ to language issues. It does not mean we agree on standpoints regarding language, but there seems to be a …

Language From
An African
Perspective
Read More »

Is there a place for Coloured Culture in the New South Africa?

– Jazz and other Music: Jonathan Butler, Bianca Le Grange, Singer Neville Nash, Freddy Arendse and Zamar, Richard Jon Smith, Lionel Petersen, Miracles and Flood -Medical Doctors include: Dr V L Makenna (my neighbour), Dr Khan, Dr Tim Quan and Dr Green-Thompson, Dr Raymond Campbell and the Fisher brothers: Vincent, Trevor and Dugmore (Puncho). Actors/Actresses: …

Is there a place for Coloured Culture in the New South Africa? Read More »

Poste beskikbaar by Hoërskool Oudtshoorn

Besigheidstudies gr. 10 – gr. 12 EBW gr. 8 en 9 Sportafrigting ’n sterk aanbeveling.Lewensoriëntering gr. 8 – gr 12. Stuur jou CV en aansoekbrief aan johan@oudhs.wcape.school.za.   Vir navrae, skakel die skoolhoof by +27 (0) 44 279 1623

Onderwyser graad R en graad 1

Vakature: Onderwyser-assistent graad R en graad 1 Aansoeke om hierdie betrekking vir die termyn 1 Januarie tot 31 Desemeber 2017  word ingewag. Rig u aansoek aan: Die Skoolhoof Posbus 184 Laingsburg 6900 E-pos: buffelsrivierskool@gmail.com Sluitingsdatum: 30 November

Koster/Faktotum by NGK Culembeeck

Aansoeke vir die pos van Koster/Faktotum word deur die Kerkraad ingewag. Die ideale kandidaat moet oor die volgende bevoegdhede beskik: -Basiese tegniese vaardighede, die vermoë om te kan organiseer, ervaring in toesighouding oor personeel, vermoë om goeie menseverhoudinge te kan handhaaf en ‘n vermoë om inisiatief aan die dag te lê. -Sterk voorkeur sal aan …

Koster/Faktotum by NGK Culembeeck Read More »

Hoe om beter met jou baas oor die weg te kom

Om nie met jou baas oor die weg te kom nie, kan tot stres in die werksplek lei en jou werk beïnvloed. Daarom moet jy as werknemer jou uiterse bes probeer om in jou baas se goeie boekies te bly. Soms gebeur dit dat jy en jou baas net nie oor die weg kan kom …

Hoe om beter met jou baas oor die weg te kom Read More »

Werk slimmer, nie harder

My leermeesters het my geleer om altyd op twee aspekte in kleinsakebestuur te konsentreer: hoe om meer te verkoop (oftewel hoe om die omset te verhoog) en hoe om koste te bespaar. Vandag wil ek kleinsake-ondernemers wenke gee oor hoe om slimmer te werk (nie harder nie) om hul ondernemings te laat groei. Leer delegeer …

Werk slimmer, nie harder Read More »

Voorvereistes om sukses by werk te maak

Karaktereienskappe en voorvereistes waaroor die moderne professionele persoon moet beskik om sukses in die werkplek te bereik: Passie, selfs al hou jy nie van wat jy doen nie. Die skrywers van die boek meen dat jy passievol kan word oor jou beroep deur vas te stel wat jou doelwitte is en wat nodig is om …

Voorvereistes om sukses by werk te maak Read More »

Wees onvervangbaar by die werk

Ons het gaan uitvind wat nodig is om te sorg dat jy vir jou werkgewer van onskatbare waarde is tydens hierdie onstuimige ekonomiese tydperk en sodoende die moontlikheid van aflegging kleiner te maak. Vind maniere om te groei en te ontwikkel. Catherine Conlan, skryfster vir die aanlynwerwingsagentskap Monster.com, dui in haar artikel “5 Ways to …

Wees onvervangbaar by die werk Read More »

Hoe om jou werk te behou

Wanneer jy praat, is die manier waarop jy dit doen ook belangrik. As jy duidelik en hard genoeg praat, sal dit waarskynlik vir die ander persoon makliker wees om te verstaan wat jy sê, en hy sal ook met groter respek na jou luister. Kommunikeer goed Brian, ’n personeelkonsultant wat in die vorige artikel genoem …

Hoe om jou werk te behou Read More »

Kommunikeer duidelik, wees eerlik

Wanneer jy praat, is die manier waarop jy dit doen ook belangrik. As jy duidelik en hard genoeg praat, sal dit waarskynlik vir die ander persoon makliker wees om te verstaan wat jy sê, en hy sal ook met groter respek na jou luister. Kommunikeer goed Brian, ’n personeelkonsultant wat in die vorige artikel genoem …

Kommunikeer duidelik, wees eerlik Read More »

‘Ons kom
van vêr’ sê
bruin mense oor taal

’n Wanopvatting bestaan dat bruin mense niks te sê het oor Afrikaans nie. Die boek Ons kom van vêr bewys dit verkeerd, het dr. Michael le Cordeur van die Universiteit Stellenbosch Vrydag by die bekendstelling daarvan gesê. “Ons (bruin mense) hét iets te sê, ons wil iets sê. Ons soek net die regte platform en …

‘Ons kom
van vêr’ sê
bruin mense oor taal
Read More »

‘Bruin mense
beroof van
hul identiteit’

Bruin Suid-Afrikaners het geen politieke tuiste nie, kan met min van die land se geskiedenis identifiseer en word in die heersende diskoers onderdruk. Dít is die mening van Sylvia Vollenhoven, bekroonde dramaturg en veteraanjoernalis, wat glo bruin mense se belange word voortdurend opsy gestoot. “As jy die woord kleurling of colouredhoor, kan jy dit nie …

‘Bruin mense
beroof van
hul identiteit’
Read More »

Debat oor
Afrikaans as onderwystaal

Daar heers ’n groot debat in Suid-Afrika oor die toekoms van Afrikaans as onderwystaal. In hierdie debat word daar dikwels vinger gewys na bruin mense en veral bruin leiers oor hul “stilswye” in die debat. Die punt word veral gestel dat bruin mense die grootste komponent uitmaak van die totale Afrikaanssprekende gemeenskap. Omdat ek nog …

Debat oor
Afrikaans as onderwystaal
Read More »

‘Die Afrikaanse
taal en identiteit’

Midrandbyeenkoms: Sondag 12 Junie 2016: Dr. Titus, tans die uitvoerende direkteur (Kultuur) van die ATKV, het die versweë leefwereld van bruin Suid-Afrikaners geskets. Ter inleiding noem hy: daar is 3.4  miljoen bruin mense in die land wat Afrikaans as huistaal het, teenoor 2.7 miljoen blankes en 0.6 miljoen swart mense.  In die Wes-Kaap voel die …

‘Die Afrikaanse
taal en identiteit’
Read More »

In die media

In die media

Unisa-uitspraak ‘plaas groter fokus op belang van moedertaalonderrig’

US-taalbeleid skend menseregte