Die begrotingsrede van 23 Februarie is oor die algemeen met versigtige optimisme ontvang. Die DAK Netwerk is bly oor die groot bedrag wat aan leer en kultuur toegewys is, met die leeue-aandeel aan basiese onderwys, en voel sterk daaroor dat Afrikaanse onderrig hieruit voordeel moet trek. Ons kan nie fokus op matriekslaagsyfers wat slegs ‘n geringe toename getoon het omdat dit selektief geïnterpreteer is nie – wat van al die kinders wat nooit eens tot by graad 12 vorder nie en waarskynlik gaan bydra tot die allemintige werkloosheidsyfer onder die jeug? Die tyd vir praatjies en beloftes is verby – nou moet daar konstruktiewe implementering wees, veral in die agtergestelde Afrikaanssprekende bruin en swart gemeenskappe waarop die DAK Netwerk se projekte toegespits word, sê Danie van Wyk, uitvoerende voorsitter van die DAK Netwerk. Die mediaverklaring hierby bevat meer besonderhede.
Mediaverklaring
Jongste plasings
Fred Mouton, een van die voorste spotprenttekenaars, sterf.
Fred Mouton het gesterf. Hy was een van die voorste spotprenttekenaars wat groot humor in soms sensitiewe- en kernsake geplaas...
Afrikaans en die San en Khoi tale moet as inheemse tale erken word.
Die minister van hoër onderwys en opleiding het uiteindelik erken dat Afrikaans en die San en Khoi - tale as...