Meer oor ons Trots op ons herkoms,
sterk in ons menswees

Wie ons is en waarvoor ons staan

Die DAK Netwerk se direksie is saamgestel uit leiersfigure en staatmakers uit verskillende sektore van die samelewing. Elke individu het ’n belangstelling in die holistiese ontwikkeling en groei van agtergestelde Afrikaanssprekendes.

Dagbestuur

Dagbestuur

Danie

Danie van Wyk

Uitvoerende voorsitter

Danie van Wyk is ’n deurwinterde onderwysman, met onderwyskwalifikasies wat hy aan verskeie tersiêre instansies verwerf het. Daarbenewens het sy BA honneursgraad in arbeidsreg aan die Universiteit van Kaapstad hom geskool as ’n onderhandelaar met wie daar rekening gehou moet word.

In die 1980’s en 1990’s was hy betrokke by die georganiseerde onderwys, soveel so dat hy deel was van verskeie protesaksies teen die destydse apartheidsonderrigbedeling. As vakbondleier van die Public and Allied Workers Union het hy op hoë vlak oor onderwyssake onderhandel.

Danie was die uitvoerende hoof van die Stigting vir die Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) voordat hy by FEDSAS (Federasie van Suid-Afrikaanse Skoolbeheerliggame) aangesluit het. Hy was tot vroeg in 2021 die Wes-Kaapse bestuurder van die Suid-Afrikaanse Onderwysontwikkelingstrust (SAOOT), ’n uitreikaksie van FEDSAS.

Willem Fransman Jr-2

Willem Fransman Jr.

Sekretaris

Willem Fransman Jr. skryf in bykans elke genre, onder meer verhoog- en radiodramas, kortverhale, rubrieke en gedigte. Hy is ook ’n storieverteller, akteur, grafiese kunstenaar en uitgewer.

As natuurwetenskaplike was hy vir meer as twintig jaar lid van die Navorsingsinstituut vir Mond- en Tandheelkunde (NIMT) by die Universiteit van Stellenbosch, as laboratoriumtegnoloog. Hy het verskeie toekennings as deel van die NIMT-navorsingspan gekry.

Hy was op die eerste bestuur van die inklusiewe Afrikaanse Skrywersvereniging, die eerste wenner van die RSG en Sanlam se radiodrama-skryfkompetisie in 1997 en was ook op die DAK Netwerk se eerste direksie. Hy het vir twee termyne as lid en ondervoorsitter van die Wes-Kaapse Taalkomitee gedien en is ook ’n pad- en baanatleet met provinsiale erekleure.

Jerome Topley

Jerome Topley

Ekonomiese bemagtiging

Jerome Topley is ’n oud-onderwyser, TV-aanbieder en omroeper wat baanbrekerswerk by die SAUK/SABC verrig het. 

Jerome was feitlik van die begin af by die DAK Netwerk se aktiwiteite betrokke. Sy betrokkenheid word gedryf deur sy passie vir die bevordering van Afrikaans en bemagtiging deur die taal.

Direksielede

Direksielede

Danneline Ramsden

Danneline Ramsden

Jeugsake en hulpsekretaris

Danneline Ramsden is die afgelope drie jaar by die DAK Netwerk betrokke. Hierdie oudopvoeder is ook ’n storieverteller, skrywer en woordkunstenaar.

Komende van Komaggas in die Namakwaland, sorg sy met haar vertellings dat niemand ’n verveelde oomblik beleef nie. As daar rondom ’n “brou” gekuier word, sal jy gou-gou behoorlik Xhoulag (lekker diep uit jou maag lag).

Sy was met groot sukses deel van die DAK Netwerk se eerste Stories onnerrie DAK-projek.

Petro Gordon

Petro LM Gordon

Maatskaplike verligting

Petro Gordon is gebore en getoë in die Paarl. Sy het verskeie kindersorgkursusse gedoen omdat sy baie vir die kleingoed omgee. Sy het 10 jaar as koördineerder van kinderprogramme by die Drakenstein Hospice in die Paarl gewerk, en sowat sewe jaar by die Afrikaanse Taalmuseum as vakkundige assistent.

Ná ’n kursus in narratiewe terapie het sy op terapeutiese skryfkuns vir vroue begin fokus. Tans bied sy skryfsessies vir mishandelde vroue aan. Petro is ’n rubriekskrywer, motiveringspreker en doen opheffingswerk in die gemeenskap.

Anthony 'Speedo' Wilson

Anthony “Speedo” Wilson

Identiteit

Anthony “Speedo” Wilson is ’n bekroonde televisieregisseur, met ’n Artes-toekenning as beste regisseur vir Onder Engele.

Hy het self in verskeie plaaslike en buitelandse rolprente gespeel. Hy het dikwels die werk van akteurs en skrywers uit sy gemeenskappe bevorder, en ook ewe dikwels teenstand gekry.

Sy groot liefde is die verhoog ─ hier bemagtig hy jongmense as akteurs en regisseurs en tree ook nog self op. Sy program Teater in opvoeding maak van hom ’n gesogte persoon om ’n liefde vir die teater onder die jeug te kweek.

Anzil Kulsen-2

Anzil Kulsen

Opleiding:
Martikuleer aan H/S Oranjezicht in Keimoes (1994)
Creative Writing Kursus deur The Witers Bureau of London (2000-2003)
Somerskool bygewoon in België aan Universiteit van Hasselt (2011)
BA Tale en Letterkunde- UNISA  (2010-2014)
2014: Spelterapie kursus
2015: Sertifikaat in Gevorderde Projekbestuur - College SA
2018: Honneurs in Afrikaanse Letterkunde (UNISA)

Loopbaaninligting:
1997-2008: Beklee verskeie administratiewe poste in Old Mutual Upington
Bekende Skrywer vanverskeie publikasie en boeke in Afrikaans onder andere:
Ander:
Dien op direksie van Afrikaanse Taalraad (2010-2013)
Dien op skoolbeheerliggaam van Fanie Malan Voorbereidingskool Upington : 2010-2012
Dien op direksie van Stigting vir Bemagting deur Afrikaans : 2011- 2015
Gemeenskapsprojekfasiliteerder LAPA Uitgewers : 2009 -2013
ATKV Projekorganiseerder : 2013-
Bestuurslid van PEN Afrikaans :2015 -
Direksielid van Biblionef SA :2017-
Direksielid van AON (Afrikaanse Onderwys Netwerk): 2018

  • Aanbied van werkswinkels om skryf as terapeutiese proses te bevorder.
  • Organsineer Simposia rakende Afrikaanse Taalerfenis.
David Jantjies

David Jantjies

Huwelikstatus:  Getroud
Professionele status: Afgetrede  Oud- onderwyser, Skoolhoof, kringbestuurder.
Voormalige bestuurder by die SA Reserwe Bank
Tans die projekbestuurder van die Moedertaal Inisiatief
Voorsitter van die Civil Service Pension Redress Movement
Secudis vir Die Regeringspensioenfonds
Superitendent: Church Ablaze Ministries
Bekende motiveringspreker en aanbieder
Akademiese kwalifikasies:
Onderwysersdiploma (Opleidingskolle Suid-Kaapland)
BA-graad UNISA
B Ed -graad Universiteit van WesKaapland
M Ed Universiteit wes-Kaapland
Is wydbelese en wydberese
Het goeie bestuurs-en administratiewe ondervinding

Ons doelwitte, waardes en erfenis

Ons doelwitte, waardes en erfenis

Ons doelwitte, waardes en erfenis

Ons doelwitte, waardes en erfenis

Ons doelwitte

  • Verminder die vervreemding van geskiedenis, herkoms en kultuur.

  • Maak gemeenskappe trots op hulle herkoms.

  • Ontwikkel selfstandige Suid-Afrikaanse burgers.

Doman-Nomoa se standbeeld is in Desember 2018 by die Kasteel die Goeie Hoop in Kaapstad onthul as eerbetoon aan die versetleier se rol in die geveg teen kolonialisme.
Doman-Nomoa se standbeeld is in Desember 2018 by die Kasteel die Goeie Hoop in Kaapstad onthul as eerbetoon aan die versetleier se rol in die geveg teen kolonialisme.

Ons waardes

Die sambreelterme “menslikheid” en “goeie korporatiewe bestuur” som ons waardes op.

Menslikheid Ons hanteer mense binne en buite die DAK Netwerk met

  • respek

  • menswaardigheid

  • gelykheid

  • billikheid

Goeie korporatiewe bestuur Ons hanteer die sake van die DAK Netwerk met

  • eerlikheid

  • deursigtigheid

  • goeie kommunikasie

  • verantwoordelikheid

Ons erfenis

Ons skep geleenthede vir die sosio-maatskaplike, kulturele en ekonomiese bemagtiging van die eerste burgers van die land en hul nasate. Die DAK Netwerk is onlosmaaklik deel van die erfenis van ons inheemse volksgroepe.

Die Khoi en San het vleis en vars produkte aan skeepsvaarders verskaf.
Die Khoi en San het vleis en vars produkte aan skeepsvaarders verskaf.
Só het die breër samelewing destyds Khoi-vroue gesien.
Só het die breër samelewing destyds Khoi-vroue gesien.
Waarom is die DAK Netwerk nodig?

Waarom is die DAK Netwerk nodig?

  • 60% van die Afrikaanse gemeenskap bestaan uit bruin, swart en Indiese Suid-Afrikaners

  • 3,4 miljoen bruin Suid-Afrikaners is Afrikaanssprekend

(volgens die 2011-sensusopname)

Hierdie spotprent deur Zapiro het in die Mail & Guardian van 4 April 2002 verskyn.
Hierdie spotprent deur Zapiro het in die Mail & Guardian van 4 April 2002 verskyn.

Die uitdagings waarmee ons gekonfronteer word:

  • Werkloosheid en armoede

  • Verval van gesinstrukture en morele waardes

  • Gebrek aan opleiding en geleenthede vir entrepreneurs

  • Onbetrokkenheid by gemeenskapsake