‘n Kunstefees binne-in ‘n Kunstefees

Woordfees Logo
Toyota US Woordfees – 6-15 / 03 / 2020

‘n Kunstefees in die kleine binne-in ‘n kunstefees. Dis hoe die DAK Netwerk se betrokkenheid by 2020 se Toyota US Woordfees gesien moet word.

Na verlede jaar se pleidooi by die eerste Waarheid en Versoeningsgesprek oor Afrikaans is daar ‘n beginselbesluit deur Saartjie Botha, die direkteur van die Woodfees, geneem om DAK Netwerk deel van vanjaar se feesprogram te maak. DAK Netwerk sal dus op Saterdag 14 Maart die Adam Small-seminaarkamer in die Adam Small Teaterkompleks vanaf 09:00 tot 18:00 beset . In die tyd sal verskeie aktiwiteite daar aanbied.

Verrigtinge skop met “Waarheid en versoening: Die gesprek duur voort”, af. Aan hierdie diskoers sal kenners soos onder andere Julian Sonn, Hein Willemse Max du Preez deelneem, met die radio-persoonlikheid, Jerome Topley, as gespreksleier, deelneem.

Daar sal ook geleentheid wees om ‘n Vergifnisgesprek by te woon. Hier sal teoloë soos Prof Mary-Ann Plaatjies-van Huffel, drs Braam Hanekom, Llewellyn McMaster en ds Henry Matthys hul mening lug.

Tussendeur vermaak sal verskaf word deur Albertus Davids en Amanda Stone Lois wat liedjies van hul onlangs verskene CD “Die ding ruk onder Rebelsskop” en die “Khoi-nôi”, sal sing.

DAK Netwerk se immergewilde “Stories onnerrie DAK” wat ook vanjaar vir twee geleenthede by die KKNK gelys is, sal sorg dat die lagspiere behoorlik geprikkel word. Hier sal storievertelelrs soos Danneline Ramsden (Xhoulag-faam), Victor C Fredericks (Oppie Stoep-faam), dr Willa Boezak en Willem Fransman Jr (beide het al by verskeie kunstefeeste se stoepstories spekgeskiet), optree.

Dis ‘n gegewe feit dat Afrikaans in al haar variante in die jeug se hande lê. Maliqolo Gwatyu lei ‘n gesprek met William Sekoe en Giselle Botha.
Boekliefhebbers sal die geleentheid kry om eerstehands met die skrywers van “Die Pesalms vi’ ôse mense”, dr Willa Boezak en Willem Fransman Jr te gesels.

Vir woordkunsliefhebbers sal die produksie, “Proefiete van Adam Small, djulle” ‘n moet-bywoon-vertoning’ wees. In die drie-dimensionele woordkuns-aanbieding sal drs Hendrik Theys en Willem Fransman Jr (wat beide kenners van Small se volledige oeuvre is) gedigte en grepe uit dramas van Adam Small voordra.

Alles in aggenome is dit beslis ‘n kunstefees binne-in ‘n kunstefees wat nie te versmaaie is nie. Eintlik span dit die kroon…want dis alles onder één DAK!

Posted in

Jongste plasings

Fred Mouton, een van die voorste spotprenttekenaars, sterf.

Fred Mouton het gesterf. Hy was een van die voorste spotprenttekenaars wat groot humor in soms sensitiewe- en kernsake geplaas...

Afrikaans en die San en Khoi tale moet as inheemse tale erken word.

Die minister van hoër onderwys en opleiding het uiteindelik erken dat Afrikaans en die San en Khoi - tale as...