Naelstringlesing: DAK Netwerk

DAK Netwerk is ’n jong nie-winsgewende maatskappy wat die belange van die Afrikaansspekende meerderheid bevorder o.l.v. ons voorsitter, dr. Danny Titus. Tot dusver was ons grootste sukses-storie ’n konfer-ensie vroeër vanjaar: Waarheid en Versoening oor Afrikaans. Ons 3 fokuspunte is identiteit/kultuur, maatskaplike kwessies (soos onderwys) en ekonomiese bemagtiging.

Die Naelstringlesings dek 12 onderwerpe uit Willa Boezak (wat op ons direksie dien) se boek: So Glo Ons. Daarin is heelwat verhale vervat wat veral gaan oor die lewens van Khoi- en Sanmense, hul oergeloof, geskiedenis en kultuur. DAK glo dat ’n deeglike kennis van ons gedeelde komvandaan uiters belangrik is vir ’n verstaan van ons huidige situasie. Sara Baartman se tragiese lewensverhaal word ook volledig in hierdie boek vertel.

  • Gaste word uitgenooi om saam te gesels oor haar betekenis vandag.

IDENTITEIT: Die 2de lesing handel oor daardie sensitiewe kwessie: Wie is ons? Wie is jy? Wie is hulle? Waar kom ons vandaan? Wat is ons kultuur? Wie is ek? Wat van terme soos Hottentot? Boesman? Kleurling? Bruin mense? Waar pas ons in of is daar nie ’n “ons” nie?

  • Lesings word met Power Point aangebied.

DIE PESALMS – vi ôse mense (’n DAK-publikasie)
Die aanbieder het die Psalms (al 150!) verwerk in Kaaps omdat dit die taal is van meer as 2 miljoen Afrikaanssprekendes – die grootste groep binne die Afrikaanse familie. Daar is fyn geluister na hoe Christene, wat Kaaps praat, bid, getuig en preek. Hoewel Kaaps die oudste geskrewe Afrikaans is, kleef daar nou nog minderwaardigheid daaraan. Die Pesalms is aangepas by vandag se uitdagings en omstandighede. Wyle prof. Adam Small, die vader van Kaaps, het jare gelede al probeer om dit waardig te maak. Geen boek is so waardig soos Die Bybel nie en in die Kerk moet Kaaps ook nou sy regmatige plek vind – as geloofstaal. Beide boeke sal te koop wees.

Jongste plasings

Fred Mouton, een van die voorste spotprenttekenaars, sterf.

Fred Mouton het gesterf. Hy was een van die voorste spotprenttekenaars wat groot humor in soms sensitiewe- en kernsake geplaas...

Afrikaans en die San en Khoi tale moet as inheemse tale erken word.

Die minister van hoër onderwys en opleiding het uiteindelik erken dat Afrikaans en die San en Khoi - tale as...