Noord-Kaap Juig Met Die Pesalms

NOORD-KAAP JUIG MET DIE PESALMS!

Ons as DAK se jaarprogram het op ‘n ware hoogtepunt afgeskop in Homelite, Kimberley, met ‘n lesing van “Die Pesalms vi ôse mense”. Ons het nooit kon dink dat Kaaps soveel vreugde sou bring vir mense wie se moedertaal dit nie eens is nie! Die besef dat almal wat lief is vir Afrikaans hierdie weergawe geniet, maak ons rêrig opgewonde.

Hierdie lesing was deur me. Erfenis Noordkaap (toe nog matrikulant) Ta-Té Faywers (die een met die wit vere-rok) vir Saterdag 4 Januarie gereël. Meer as 30 kinders, jongmense en volwassenes, waaronder 5 pastore, het dit bygewoon. Die professionele tweeman-orkes het skaars begin toe ‘n reënbui ons binnenshuis jaag, waar 1 Koerintiérs Dêtien toe die kersie op die kollewyntjie word.

Luister en kyk gerus na die response van Gospel-legendes dr. Martin Faywers en pastoor Simon Seekoei op ons videogreep. Dis DAK Netwerk se eerste, opwindende spoor in die Noord-Kaap.

“Die Pesalms vi ôse mense” kos net R200. Ons vertel binnekort hoe jy jou kopie kan kry, maar kontak gerus solank dr. Willa Boezak, Jamesstraat 70, Gaylee, Blackheath by 084 4172638 of willaboezak@gmail.com

Jongste plasings

Fred Mouton, een van die voorste spotprenttekenaars, sterf.

Fred Mouton het gesterf. Hy was een van die voorste spotprenttekenaars wat groot humor in soms sensitiewe- en kernsake geplaas...

Afrikaans en die San en Khoi tale moet as inheemse tale erken word.

Die minister van hoër onderwys en opleiding het uiteindelik erken dat Afrikaans en die San en Khoi - tale as...