Dak-Netwerk gesels met Juffrou Elizma Pio wat haar 20 jaar ondervinding binne die intermediêre fase as laerskoolonderwyseres met ons deel en self ook ‘n mamma is.
“Ons kan die swaarkry met lekkerkry klaarkry!!” – Juffrou Elizma Pio
Kinders floreer binne grense al skop hul daarteen en kla hul.
Dit skep ‘n veiligestruktuur, en gee standvastigheid binne die vloei van die lewe. Dit help ook dat almal min of meer weet wat van hul verwag word en wat hul te wagte kan wees. Met ‘n roetine is dit belangrik om so vêr moontlik daarby te hou. Ook belangrik is dat ‘n roetine maklik vervelig kan word, wissel dit af en maak voorsiening vir pret.
- Besluit oor hoe ‘n dag binne u huisgesin verloop. Die hele huisgesin kan lekker
saam besin hieroor. Skryf neer als wat moet gebeur op ‘n dag en koppel ‘n
tydsduur daaraan. Begin deur net u weeksdae te beplan. - Skryf dit uit op papier, bv. 8h-opstaan en ontbyt, 9h-wasgoed, ens.
- Laat genoeg tyd toe per taak dat nie u of die kinders gedruk voel om enige iets af te jaag nie.
- Vul nou in ‘n tyd vir skoolwerk of lees of take vir skool.
- Maak voorsiening vir iets prettigs ook, iets om na uit te sien, tyd saam as
gesin wat vir al die take sal opmaak, bv. Krieketwedstryd, ma en sussie teen
pa en boetie, bordspeletjies ens. Tyd op ‘n selfoon en tablet of TV-kyk is nie
hoe daar gebou kan word aan die moraal van die gesin nie. Verhoudings vorm
net deur tyd saam te spandeer. - Kinders moet nooit toegelaat word om te laat te gaan slaap nie. Jonger
kinders moet teen 20h00 reeds rustig wees. - Maak die tydskedule kleurvol en wees kreatief. Plaas dit dan iewers waar al
die lede van die gesin dit kan sien.
Onthou: Ons kan die swaarkry met lekkerkry klaarkry!!
Bring weer pret in by die alledaagse sleurtake, dit is ‘n wonderlike motivering.
Ons as volwassenes vergeet soms om pret te hê. Lag laat jou ontspan en ‘n ontspanne siel kan die lewe stormloop!!
Lees!!!
Die stem van jou ma of pa terwyl hul stories vertel om die kombuistafel oor ‘n koppie koffie of as ouma oor die ou dae praat, prikkel tog ‘n gevoel van nuuskierigheid en gekoester voel. Ek onthou die reuk van die nuwe tydskrif wat my ma gekoop het. Ja boeke ruik na iets wat wag, ontsluit kan word, wat my sal vertel wat ek nie geweet het nie, drome wat ek kan droom, wat my kan wegneem op wêreldreise waarvoor ek nooit geld sal hê nie. Jy wil hoor wat ouma gedoen het, watter kattekwaad oupa aangevang het en hoe dinge gelyk en gewerk het toe hul jonk was. Stories om die vuur kom van die vroegste bestaan van die mensdom aan. Kulture dra kennis oor aan die jonges deur die oorvertellings van stories. Kennis!! Lees maak ‘n wêreld oop van onuitputbare kennis, ‘n wêreld waarin jy kan ontspan, wegraak, leer, ‘n fantasie waarna jy kan ontsnap. Hoe maak ek my kind lief vir lees? Hoe leer ek my kind beter lees? Dit begin by jou. Lees vir jou kind stories as hul klein is. Wie onthou daardie lekker gevoel van onder jou pa/ma of ouma se blad sit of op hul skoot of langs hul in die bed en hul lees vir jou sprokies en hul verander hul stemme soos die karakters!? Doen hierdie elke aand. Lees vir jou kind slaaptydstories, ook vir jou tiener, lees meer aktuele sake vir die ouer kind. Voorlesing van stories, gedigte of die Bybel vorm taal, laat kinders ouditief sterker ontwikkel (ouditief – om staat te maak op gehoor) en skep ‘n warmte waarin kind en ouer ‘n mooi verhouding kan vorm. Skep storietyd in jul aandroetine as ‘n noodsaaklikheid. Versterk hierdie deur na die tyd vrae te vra oor die storie om seker te maak dat jou kind wel mooi geluister het. So ontwikkel hul luistervermoë.
Laat die ouer kind self ‘n storie kies om te kom voorlees. Ruil die rolle om en laat hul jou toets deur vrae te vra. Kies vir die ouer kinders leesstof waarin hul belangstel. As jou kinders al tieners is, kies ‘n roman of ‘n hofdrama tema boek om saam te lees, of die voorgeskrewe boek wat hul op skool moet lees en maak tyd in die aand waar jul dit saam lees. Maak beurte met waar jul dele vir mekaar voorlees en dit bespreek. Met “World Book Day” wat gevier was op 23 April het ons bibliotekaresse ons uitgedaag om aanhalings rakende boeke na te vors en ek deel graag ‘n paar met u:
“ The more that you read,
the more you will know,
the more that you learn, the
more places you’ll go.” – Dr. Seuss
“ Books are a travelling machine.
They take you to the past or the future or
somewhere in between.
They take you to places no passport can take you to,
and areas no one knows about.”
“ Books are the quietest of friends;
they are the most accessible and wisest of
counsellors, and the most patient of teachers. “
– Charles W. Elliot
To read is to lead, fly, travel, live, succeed… – Unknown
Lekker lees!!