Opleidingskollege Hewat Alumni

Die Opleidingskollege Hewat het ‘n ryke  geskiedenis wat strek vanaf sy ontstaan in 1941 in Roelandstraat, Kaapstad tot dit as onderwyskollege ingelyf is deur die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie (KAPUT)  in 1996. Dit was ‘n kollege wat veral onderwysstudente uit die destydse Westelike Provinsie, die huidige Noordkaap en Namibie gelok het. Die doel met die stigting van die kollege was maar destyds polities van aard. Die regering wou die mag wat die kerke op die opleiding van veral bruin onderwysers breek, dus het Dr Bennie Hewat, ‘n blanke,  sterk voorgestel dat die regering die opleiding van bruin onderwysers oorneem, veral in die lig dat daar in hierdie stadium ‘n algehele vlaag van Nasionalisme in die wereld en in Suid-Afrika was.

Deur die jare het duisende studente by Hewat Opleidingskollege hul as onderwysers bekwaam. Vandag is die Hewat studente oor die hele wereld versprei. Ons studente is veral versprei in lande soos Nieu Seeland, Australie, Engeland en Kanada. Omdat ons buurland, Namibie nie destyds bruin onderwysers apart kon oplei nie, is die meeste van hulle  as onderwysers by Hewat bekwaam. Hewatarians het beslis hul merk op alle gebiede in Suid-Afrika en tot ‘n minder mate in die wereld gemaak.

In Desember 2017 het ‘n paar oud-hewatarians op die sosiale media besluit om byeen te kom.  Soos die UDM is ons ook in Mitchell’s Plein gestig by Spineweg Sekondere Skool. Van ons doelstellings is om die onderwyskolleges weer terug as aparte opvoedkundige inrigtings op die been te bring. Met ons uitgebreide netwerk, wil ons wat meestal afgtree het, weer ons kundigheid in die gemeenskap ploeg want ons sien dat die waardes wat ons geleer het, nie meer in skole toegepas word nie veral ten opsigte van die Afrikaanse taal en Godsdiens. Dit is om laasgenoemde rede dat ons die DAK beweging ondersteun.

Vir nadere besonderhede oor ons aktiwiteite skakel Jimmy Nagan te +27 (0) 82 415 3328

Posted in

Jongste plasings

Fred Mouton, een van die voorste spotprenttekenaars, sterf.

Fred Mouton het gesterf. Hy was een van die voorste spotprenttekenaars wat groot humor in soms sensitiewe- en kernsake geplaas...

Afrikaans en die San en Khoi tale moet as inheemse tale erken word.

Die minister van hoër onderwys en opleiding het uiteindelik erken dat Afrikaans en die San en Khoi - tale as...