Perspektief met Jannie Pelser

Radio Kansel
Perspektief
Woensdag 20 April 2022
1100-1200

Tema: Die “moeilike” gesprekke

Suid Afrika beleef tans groot ontwrigting en nood vanweë die vernietigende gevolge van die vloede in KZN asook die Oos Kaap. Ons medelye met almal wat op watter wyse ookal daardeur geraak word.
Ons dink in die besonder aan die lewensverlies en soektogte na vermistes. Ons kan ons die trauma van familielede nie voorstel nie. Mag die Here troos en op ʼn besondere wyse onderneem.

Ons wil egter vandag oor ʼn ander saak gesels, n saak wat lank na die vloede waarskynlik steeds relevant sal wees.
In gesprekke oor Suid Afrika en die uitdagings wat ons in onderlinge verhoudinge met mekaar beleef word die frase, “ons sal die moeilike gesprekke móét hê”, dikwels gehoor en gebruik.

Kom ons probeer vandag nader kom aan die inhoud van daardie frase.
Waaroor moet gesels word, wie moet gesels en waarop moet dit uitloop?

Hier om saam te gesels –

Prof Nico Botha, emeritus professor in Sendingwetenskap, UNISA
Prof Rothey Tshaka, Universiteit van Suid Afrika
Ds Rudie Swanepoel, Dutch Reformed Church Johannesburg
Danie van Wyk. DAK network

Kollegas, ek vra weer dat u ʼn woordjie oor uself deel.

1.            “Ons sal die moeilike gesprekke moet hê”..

  • waarom is die gesprekke sogenaamd moeilik?
  • Waarom is daar oënskynlik ʼn onwilligheid om daardie gesprekke te hê?
  • Wie moet hierdie gesprekke voer?
  • Waarom moet ons daardie gesprekke hê
  • Sommige sal sê die gesprekke is reeds afgehandel, wat meer kan ons sê/doen/bely?

2.            Wat is die inhoud van daardie gesprekke (Om die beurt en aanvullende bymekaar – kan ons meer spesifiek wees asb. Dalk persoonlike ervarings in die verband)

3.            Maak ons deur die gesprekke te voer nie by wyse van spreke ʼn kan wurms oop wat nie weer toegemaak sal kan word nie? Watter nut het dit om “ou koeie” uit die sloot te grawe.

4.            Sulke gesprekke het gewoonlik  “slagoffers” aan die een kant en “oortreders” aan die anderkant. So wie is wie en hoe help dit om die ongemak op te los?

5.            Baie mense sê..”kom ons trek ʼn streep in die sand en gaan aan met die lewe”. Waarom kan dit nie werk nie?

6.            Wanneer het ons “klaar” gesels

  • waarop moet die gesprekke uitloop?
  • Daar is meer as 60 miljoen mense in Suid Afrika wat hulle aan weerskante van die spektrum bevind. Hoe praat ʼn mens met soveel mense en op so ʼn wyse dat almal “closure” ondervind?

7.            Wat is die stelreëls vir so ʼn gesprek en wat gebeur as mense vas val en nie vorder nie?

8.            So die gesprek is nie gevoer – argument onthalwe was daar ʼn “ek/ons is jammer” en “ek/ons vergewe” jou. Wat nou?

9.            Wie meot die proses aan die gang sit ( watter rol speel die kerk daarin?)

Posted in

Jongste plasings

Fred Mouton, een van die voorste spotprenttekenaars, sterf.

Fred Mouton het gesterf. Hy was een van die voorste spotprenttekenaars wat groot humor in soms sensitiewe- en kernsake geplaas...

Afrikaans en die San en Khoi tale moet as inheemse tale erken word.

Die minister van hoër onderwys en opleiding het uiteindelik erken dat Afrikaans en die San en Khoi - tale as...