1 Desember 2021
Die DAK Netwerk sal op Woensdag, 1 Desember, Slawevrystellingsdag herdenk in samewerking met die Afrikaanse Taalmonument. Slawe is op 1 Desember 1834 amptelik vrygestel aan die Kaap de Goede Hoop. Om hierdie geskiedkundige gebeurtenis te vier, bied ons ‘n konsert met die Rockets aan by die Afrikaanse Taalmonument.