Projekte Bemagtig en bou inwoners en gemeenskappe
Onlangse hoogtepunte
Danny Titus-gedenklesings
Dr. Danny Titus was ’n taalaktivis, regsgeleerde en stryder vir die regte van agtergestelde Afrikaanssprekendes, asook die voormalige voorsitter van die DAK Netwerk. Sy nagedagtenis is geëer met gedenklesings in Johannesburg en die Kaap op 22 en 24 Mei 2021.
Afrikaanse belange
Mediaverklarings oor die Universiteit van Stellenbosch se taalbeleid is opgevolg met protesaksie op 9 April, waar getalle weens Covid-19 beperk is. Samesprekings is gehou en die DAK Netwerk het ’n versoekskrif met sinvolle eise aan die US-bestuur oorhandig.
DAK Jeugberaad
’n Jeugberaad met die tema Vermy risiko’s: vind oplossings is op 18 September in samewerking met die Stad Kaapstad en Badisa gehou. Die opvoedkundige sielkundige Quinton Adams en die gemeenskapswerker Melene Rossouw het die sowat 80 hoërskoolleerders bewus gemaak van hoe ’n mens se keuses langtermyngevolge kan hê en raad gegee oor hoe om oplossings vir uitdagings te vind.
DAK se gala-toekenningsgeleentheid
Elke jaar gee die DAK Netwerk erkenning aan mense vir hulle aktiewe rol in die gemeenskap. Op 6 November vanjaar is toekennings aan die Rockets en die Invaders gegee vir hulle bydrae tot populêre musiek. Dr. Allan Boesak was die gasspreker.