Tydens my besoek aan Pretoria het ek en mede- DAK direksielid, Anthony Wilson, vanoggend deelgeneem aan ‘n onderhoud op Poort FM.
Dit het gehandel oor DAK Netwerk se beplande protesoptog in Pretoria na die kantoor van die minister van hoëronderwys opleiding, dr Blade Nzimande, op 12 April. Ons eis en dring daarop aan dat Afrikaans met onmiddelike effek as inheemse taal erken word. Hierdie stryd sal DAK onverbiddelik voortsit.
My verblyf aan die gastehuis van Randall Carolissen en Nadia Bosman Carolissen, was wat ek nodig gehad het: rustigheid en goeie diens.





