Gister het die AON in samewerking met DAK en FEDSAS ‘n suksesvolle skoolhoofde simposium in Stellenbosch aangebied. Aanbieders Verna Stuurman, André Franke van FEDSAS en die uwe se aanbiedings was baie goed ontvang deur die skoolhoofde teenwoordig.
Dr Gillian Arendse was ons gasspreker en het soos gewoonlik die gehoor uit sy hand laat eet met sy inspirende, interaktiewe, positiewe en aksie belaaide sessie.
Daar is reeds planne om die simposium in die Suid-Kaap en Weskus ook aan te bied. My dank aan die skoolhoofde wat hul Saterdag opgeoffer het om dit by te woon asook aan Daan Potgieter vir sy insette en aan Rene Arendse vir al die reëlings.






