DAK Netwerk het die pas afgelope naweek, ‘n suksesvolle strategiese beplanningsessie gehad. By hierdie geleentheid was die Premier van die Weskaap, Alan Winde, ons gasspreker.
Die Premier het een en elk verras met sy beleide met betrekking tot onderwys, ekonomiese bemagtiging en infrastruktuurontwikkeling. Ons was ook beïndruk deur die erkenning aan die slawe deur die slawelosie in ‘n kunsgallery te omskep met moderne kunswerke by Leeuwenhof, sy ampswoning.
Tydens die vraesessie was hy oop om antwoorde te verskaf aan vrae wat nie noodwendig op sy toespraak van toepassing was nie.
Daar was ook erkenning gegee aan een van ons bekendste skilders in Suid-Afrika, dr Conrad Theys, aan almal bekend as oom Coenie.
‘n Geslaagde byeenkoms inderdaad.
Foto’s deur Solly Lottering






