Koster/Faktotum by NGK Culembeeck

Aansoeke vir die pos van Koster/Faktotum word deur die Kerkraad ingewag.
Die ideale kandidaat moet oor die volgende bevoegdhede beskik:
-Basiese tegniese vaardighede, die vermoë om te kan organiseer, ervaring in toesighouding oor personeel, vermoë om goeie menseverhoudinge te kan handhaaf en ‘n vermoë om inisiatief aan die dag te lê.
-Sterk voorkeur sal aan ‘n lidmaat van die Ned Geref Kerk Culembeeck gegee word.
-Kandidate mag nie ouer as 63 wees nie.


Die sluitingsdatum vir aansoeke is 4 Oktober

– Aansoeke vergesel van ‘n CV moet by die Kerkkantoor ingehandig word of gestuur word per e-pos na ngculpetro@absamail.co.za of per faks na (011) 762 3984.

Die kerkraad behou hom die reg voor om nie ‘n aanstelling te maak nie. Onderhoude word op dv 14 Oktober gehou.

Posted in

Jongste plasings

Fred Mouton, een van die voorste spotprenttekenaars, sterf.

Fred Mouton het gesterf. Hy was een van die voorste spotprenttekenaars wat groot humor in soms sensitiewe- en kernsake geplaas...

Afrikaans en die San en Khoi tale moet as inheemse tale erken word.

Die minister van hoër onderwys en opleiding het uiteindelik erken dat Afrikaans en die San en Khoi - tale as...