Voorvereistes om sukses by werk te maak

Karaktereienskappe en voorvereistes waaroor die moderne professionele persoon moet beskik om sukses in die werkplek te bereik:

  • Passie, selfs al hou jy nie van wat jy doen nie. Die skrywers van die boek meen dat jy passievol kan word oor jou beroep deur vas te stel wat jou doelwitte is en wat nodig is om dit te bereik. “Elke stap wat jy neem om daardie doel te bereik, sal jou ʼn bietjie meer passievol maak,” verduidelik hulle.
  • Die regte kontakte. Dit beteken egter nie dat jy noodwendig bevriend moet word met die mense wat vir jou professionele deure kan oopmaak nie. Probeer in die voetstappe volg van suksesvolle mense met leierseienskappe soos integriteit, eerlikheid, hardwerkendheid, passie en ambisie.
  • Die regte houding. Mense wat geluk en harmonie uitstraal, is van nature meer suksesvol. Jy kan ook gelukkiger wees deur jou perspektief te verander en om elke dag aan te gryp en die beste daarvan te probeer maak. Wanneer jy eienskappe soos eerlikheid, integriteit, nederigheid en hulpvaardigheid het, sal jy van nature gelukkiger wees omdat jou menseverhoudings meer bevredigend sal wees en jou lewe oor die algemeen verryk sal wees.
Posted in

Jongste plasings

Fred Mouton, een van die voorste spotprenttekenaars, sterf.

Fred Mouton het gesterf. Hy was een van die voorste spotprenttekenaars wat groot humor in soms sensitiewe- en kernsake geplaas...

Afrikaans en die San en Khoi tale moet as inheemse tale erken word.

Die minister van hoër onderwys en opleiding het uiteindelik erken dat Afrikaans en die San en Khoi - tale as...